SportSport

Dawid teen Goliat in koshuisliga vanaand

Dit is Dawid teen Goliat in twee van vanaand (3 Augustus) se NWU koshuisrugby Eersteliga wedstryde.

Dit is Dawid teen Goliat in twee van vanaand (3 Augustus) se NWU koshuisrugby Eersteliga wedstryde.

De Wilgers en Caput sal bo hulle gewig moet boks om die groter koshuise van Overs en Patria te klop.

De Wilgers het in hulle eerste wedstryd met Villagers afgereken wat hulle baie vertroue sal gee. Overs sal ook vol vertroue wees, wees na hulle wen teen die NWU se o/19 A span.

Gerald Sutton en Funani Mabala het onlangs eers by Over aangesluit. Maar Koshuisrugby is vir dié afrigters nie iets nuut nie, Sutton en Mabala was by Caput toe dié span die liga gewen het.

“Ons het nog net so twee sessies met die ouens gehad. Die speelveld vanjaar dink ek is baie meer gelyk omdat daar so lank terug koshuisrugby gespeel is. Dit gaan ook interessant wees omdat dit ‘n maand van intense rugby gaan wees. Ek dink De Wilgers gaan ‘n moeilike wedstryd wees, hulle kan ‘n moontlik piesangskil wees, jy weet nooit wat om te verwag van hulle nie,” het Sutton gesê.

Volgens Lourens Janse van Rensburg, hoofafrigter van De Wilgers, gaan dit ‘n harde fisieke stryd teen Overs wees.

“Ons verwag nie minder nie, ons gaan moet hart wys en fisiek teenoor hulle op staan. Die manne is gereed vir die wedstryd en daar is baie trots vir De Wilgers koshuis en die truie en die manne sal hulle alles gee op die veld vanaand,” het Janse van Rensburg gesê.

Die eerstespanne van Overs en De Wilgers skop om 21:00 af.

In die ander groot wedstryd gaan Caput en Patria mekaar aanvat.

Volgens Garan Kriek, hoofafrigter van Patria, gaan ervaring ‘n groot rol speel in vanaand se wedstryde.

“Ek sien uit daarna om te sien hoe die ouens na ‘n lang breuk speel. Soos dit gaan met Koshuisrugby is passie en trots net so belangrik,” het hy gesê.

Een van die liga se mees ervare afrigters, Henry Stewart van Caput het dit in een sin opgesom,

“Dawid teen Goliat,” het hy by navraag oor die wedstryd teen Patria gesê.

Daar sal na vanaand gesien kan word wie van die kleiner koshuise as sogenaamde ‘giant killers‘ bestempel kan word.

In die ander Eersteliga wedstryde gaan die NWU se o/19A span teen Villagers speel en Veritas gaan dinge teen Heimat uitspook.

Volgens Gerhard Ackerman, hoofafrigter van Villagers, kan jy maar altyd ‘n harde wedstryd teen ‘n span van die universiteit verwag.

“Veral as daai span deur Jean Tiedt afgerig word. Coach Jean is die Puk se hoof verdedigings afrigter, so ek sien uit om ons aanvallende vermoë teen sy span te toets. Daar is n goeie gees en groot opgewondenheid in ons kamp en dit is n groot voorreg om deel  van Villagers se trotse rugby geskiedenis te wees,” het Ackerman gesê.

Dié wedtryd skop om 21:00 af.

Heimat wat in die laaste koshuisliga finaal gespeel het, sal teen Veritas dinge wil regstel na hulle teen Caput verloor het.

“Veritas, Stefan, hulle afrigter, het ek by die PUK afgerig,  baie goeie speler en hy het ‘n jaar of twee saam my by Heimat ook afgerig. Ek weet Stefan hulle gaan met al die goedjies na die tafel toe kom en ons besig hou. Ek sien baie uit, dit gaan ‘n groot game wees,” het Ivan van der Sandt , hoofafrigter van Heimat gesê.

Stefan van Vuuren, hoofafrigter van Veritas, het op sy beurt verduidelik dat hulle ook baie opgewonde is oor die wedstryd na al die wedstryde wat uitgereën het.

“Ons is ‘n klein bietjie onder druk nadat ons teen Patria verloor het. Ons het regtig ‘n goeie span so ‘n ou het altyd bietjie meer druk as jy met ‘n goeie span speel en jy verloor ‘n wedstryd. Ons is baie gemotiveerd om die wedstryd te wen, ons is goed voorbereid. Ons het ook tydens die vakansie geoefen so dinge is in plek en ons is reg vir die wedstryd,” het Van Vuuren gesê.

Die Eersteliga bestaan uit De Wilgers, Caput, Heimat, Villagers, Overs, Patria en Veritas. Die NWU se 0/19A span maak ook deel uit van die liga, maar kan dit nie wen nie.

Om te sien wie vanaand in die tweedeliga speel volg dié skakel:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button