Super 12 hokkiesukses vir Tokkies se seuns en dogterspanne

Laerskool Mooirivier se hokkiespanne het tydens die 2022 Super 12 reeks ‘n fantastiese algehele tweede plek behaal.

Laerskool Mooirivier se hokkiespanne het tydens die 2022 Super 12 reeks ‘n fantastiese algehele tweede plek behaal.
Die dogters o.13 span behaal die eerste plek nadat hulle slegs een wedstryd in die toernooi verloor en gelykop teen Pietersburg-Oos 0-0 in die eindstryd speel.
Die o.13 seunsspan verloor 0-1 teen Pietersburg-Oos in die finaal in ‘n taai wedstryd.
Dit nadat hulle drie wedstryde gewen het en twee gelykop gespeel het.

Tokkies se eerste dogters hokkiespan deel die eerste plek by die 2022 Super 12 hokkietoernooi met Pietersburg-Oos. Agter van links: Emilie Burger, me. Michelle Barnard (hoofafrigter), Ronel Hartman, Miya Hendriksz, Jahnie van Zyl, Inge Hamm, Emme Coetzee, Annabelle van Zyl, Lienke Coetzee, Renate van der Merwe, Anke Bornman, me. Trishka Longweni (spanbestuurder) en Ivanka Greeff. Voor van links: Sanmari de Jager, Melanie Mels en Abigail van den Berg.
Laerskool Mooirivier se eerste hokkiespan wat silwer by die 2022 Super 12 hokkietoernooi verwerf het. Agter van links: Willem Retief, Frikkie Fourie, mnr. Stephan Spamer (hoofafrigter), Rehan Potgieter, Daniel van Romburgh, Willem Steyn, Christiaan Swart en Christiaan Verster. Voor van links: Wico Cato, Stephan du Plooy, Heinrich Raubenheimer, Heinru Cato, Ulrich Botha, Talbert Joubert en Duan Deacon. Foto’s: Verskaf

Hier is die uitslae:
Dogters:
Vrydag, 22 Julie
Wen teen Randhart 1-0
Wen teen Kenmare 3-0
Wen teen Goedehoop 3-0
Wen teen Hennopspark 1-0
Saterdag, 23 Julie
Verloor teen Menlopark B 0-1
Wen teen Menlopark A 2-0 in semi-finaal
Gelykop teen Pietersburg-Oos 0-0 in finaal
Dogters deel 1ste plek by Super 12
Seuns:
Vrydag, 22 Julie
Wen teen Kruinsig 3-1
Gelykop teen JJ van der Merwe 2-2
Gelykop teen Rustenburg 1-1
Saterdag, 23 Julie
Wen teen Elarduspark 1-0
Wen teen Menlopark A 2-0 in semi-finaal
Verloor teen Pietersburg-Oos 0-1 in finaal. Seuns eindig in 2de plek by Super 12.

Exit mobile version