SportSport

Luiperds stel nuwe hoofafrigter aan

Daar is 'n nuwe man aan die stuur van sake by die Luiperds. 

Daar is ‘n nuwe man aan die stuur van sake by die Luiperds.

Eric Herbert is vandag as die nuwe hoofafrigter van die Luiperds aangekondig. Hy sal die span in volgende jaar se Curriebeker Eerstedivisie veldtog aanvoer.

André Pretorius en sy span sluit,  as deel van die samewerkingsooreenkoms tussen die NWU en die unie eers na die afloop van die Varsitybeker by die Luiperds aan.

“Die punt het gekom waar ‘n ou moet besef dat die Luiperds sowel as die universiteit ‘n afsonderlike afrigtingspan moet hê. Ons het hierdie jaar nie ‘n baie goeie jaar beleef nie. Ek dink die feit dat SA Rugby se seisoen verander het, en die kompetisies met mekaar oorvleuel veroorsaak dit ‘n situasie waar van die spelers eers laat by die Luiperds aansluit,” het Mervyn Taylor, President van die Luiperds gesê.

Herbert is al die afgelope twee seisoene by die Luiperds betrokke. Sy adjutant sal Freddy Ngoza wees wat vanjaar by die Luiperds as voorspelerafrigter aangestel is.

Freddy Ngoza, Martin Rautenbach, Christo Minnie, Eric Herbert, Mervyn Taylor en Eugene Fourie

Pretorius en sy span gaan uiteraard nie volgende seisoen by die Luiperds betrokke wees nie.

“Ons is dankbaar vir die ouens wat hier betrokke was, in die proses wat die afrigters van die universiteit ook by Luiperds was het ons darem ook twee keer die Eerstedivisie gewen. So dat hulle ‘n rol gespeel het is so maar ons is nou in ‘n hele nuwe era. As jy vier afrigters vra gaan hulle vier verskillende spanne kies. So dit gaan nou Eric se rol wees om die beste moontlike span binne ons vermoë te kies,” het Taylor gesê.

Volgens Taylor moet die Luiperds hulle regmatige plek in SA Rugby inneem.

“Dit is onaanvaarbaar dat die Luiperds tweede laaste op die punteleer eindig,” het Taylor gesê.

Die druk is daarom hoog op Herbert, wat jare se ervaring as afrigter by onder andere die Griffons en WP opgedoen het. Herbert het in sy speeldae 3525 punte aangeteken, slegs Naas Botha, die bekende Bloubul het meer eersterangse punte as Herbert aangeteken.

“Ons het volle vertroue in Eric, al probleem is hy weet hoe om die Luiperds te wen. Hy moet nou net daai ding hiernatoe bring dat hy weet hoe om die ander spanne te wen. Dit is ‘n voorreg om vir Eric hier te hê,” het Taylor gesê.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid. Ek en Freddy gaan ons beste doen om goed te doen. Hier is hope talent in die provinsie. Ons wil na almal kyk, spelers van die Universiteit, ons was by die onlangse platteland proewe daar is baie goeie spelers. So ons wil niemand mis kyk nie,” het Herbert gesê.

Herbert en Ngoza sal nou in alle erens met beplanning vir die 2023 seisoen begin.

Christo Minnie en Martin Rautenbach handig die geborgde voertuig aan Herbert oor. Midcity Motors en Xtrail Trailers het die Bakkie geborg FOTO: Dustin Wetdewich

 

Related Articles

Back to top button