100 internasionale wedstryde vir hokkieskeidsregter

Annelize Rostron het hierdie geleentheid gekry tydens die 2022 Vroue Hokkiewêreldbeker wat in Spanje en Nederland vanaf 1-17 Julie plaasgevind het.

’n Groot eer het vir die Potchefstroomse hokkieskeidsregter, Annelize Rostron, te beurt geval toe sy haar 100ste internasionale wedstryd geblaas het.
Hierdie onderwyser van Laerskool Mooirivier is slegs die derde Suid-Afrikaanse vroueskeidsregter wat in 100 internasionale wedstryde haar land kon verteenwoordig.
Rostron het hierdie geleentheid gekry tydens die 2022 Vroue Hokkiewêreldbeker wat in Spanje en Nederland vanaf 1-17 Julie plaasgevind het.

Annelize Rostron (middel) ontvang haar goue fluitjie vir 100 internasionale wedstryde as skeidsregter. Saam met haar is van haar goeie vriende in skeidsregtingskringe, Laurine Delforge (Belgie) en Irene Presenqui (Argentinie) Foto: Verskaf

Haar 100ste wedstryd het op 9 Julie tussen België en Chile in Amstelveen, Nederland plaasgevind. Sy het ook ‘n spesiale goue fluitjie vir haar prestasie ontvang.

Rostron se eerste internasionale wedstryd was in die Afrikabeker in Ghana tussen Ghana en Nigerië in 2009.
Volgens hierdie kranige skeidsregter is die toekenning iets wat sy baie na aan die hart dra. Sedert haar eerste internasionale wedstryd was haar groot droom om 100 wedstryde te bereik.
“Vanaf my eerste internasionale wedstryd het ek gedroom van hierdie oomblik! Dis ’n droom wat waar geword het!”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version