SportSport

NWU wen beide A en B USSA muurbal-titels

Hierdie USSA Muurbalkampioenskappe het vanaf 3-8 Julie plaasgevind met die NWU span wat in die A en B-afdelings albei onoorwonne is en met die titels wegstap.

Vir die eerste keer in geskiedenis is die NWU muurbalspan die USSA-kampioene nadat hulle vir Maties 17-7 in die finaal by Rhodes Universiteit geklop het.

 

 

Hierdie USSA Muurbalkampioenskappe het vanaf 3-8 Julie plaasgevind met die NWU span wat in die A en B-afdelings albei onoorwonne is en met die titels wegstap. Die NWU se B-span het die B-afdeling gewen toe hulle vir Maties B gemaklik met 20-7 geklop het. 

Ons is nommer 1! Die NWU muurbalspan wat die A-afdeling tydens die 2022 USSA Muurbalkampioenskappe verower het.

 

Die Universiteit van Johannesburg het die afgelope paar jaar die USSA-kampioenskappe oorheers, maar moes vanjaar die knie buig teen die NWU wat hulle 20-6 in die halfeindstryd geklop het.

Die NWU span wat die B-afdeling van die 2022 USSA Muurbaltoernooi gewen het.

 

NWU se muubalafrigter, Jimmy Schlebusch het sedert 2019 groot vordering op die muurbalbaan gebring. Sy toewyding tot die sport en die spelers het van hierdie groep ‘n wenspan gemaak wat nou met reg die nommer 1 muurbal-universiteit genoem kan word.

 

Hier is die uitslae:

 

A-afdeling

NWU 1 wen NMU 22 – 3

NWU 1 wen TUT 24 – 1

NWU 1 wen UP Tuks 22 – 4

NWU 1 wen UJ1 20 – 6 in die semi finaal

NWU 1 wen SU (Maties) 17 – 7 in die finaal

B-afdeling

NWU 2 wen RU 24 – 0

NWU 2 wen UL 24 – 0

NWU 2 wen Wits 24 – 0

NWU 2 wen UJ 21 – 4 in die semi finaal

NWU 2 wen SU (Maties) 20 – 7 in die finaal

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button