Pieter de Klerk Tennisdag weer een vir die boeke

Die manswenner is Gerrit Els en die dameswenner is Lenthea Kamffer.

Die Pieter de Klerk Tennisdag het vir die 8ste keer vanjaar op Saterdag, 11 Junie by die Potchefstroom Buiteklub se tennisbane plaasgevind.

Foto’s: Wouter Pienaar

Soos gewoonlik was die aksie op die baan van top gehalte tussen die spelers wat in dubbelswedstryde teen mekaar gekompeteer het. Spelers het in pare geroteer en vir elke rondte verskillende dubbelsmaats gehad.
Die manswenner is Gerrit Els en die dameswenner is Lenthea Kamffer. Tweede by die dames is Hilda van Antwerpen. Derde plek word gesamentlik tussen Andriëtte van den Berg en Tammy Patterson gedeel.
Tweede by die mans is Kobus Kirstein en derde is Dolf van den Bergh.

Foto: Verskaf

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version