SportSport

Groot finaal vandag op Olënpark

Twee Klerksdorpse spanne het tot die eindstryd deur gedring.

Die Luiperds Groot Laerskole-liga se eindstryd vind vandag (14 Junie) plaas.

Twee Klerksdorpse spanne het tot die eindstryd deur gedring. Lahoff het vir Laerskool Olenpark van Brits uit die halfeindstryd geboender. Terwyl Saamtrek ‘n goeie maar moeiliker wen teen Bailliepark van Potchefstroom behaal het.

Dit is vir die Klerksdorpers, ‘n plaaslike ‘derby’. Saamtrek speel goed saam en sal by hulle strukture wil hou wat hulle tot in die eindstryd gebring het. Lahoff gaan dit glad nie vir hulle buurskool maklik maak nie. Hulle het groot, sterk baldraers wat, as hulle nie vroeg gestuit word nie, die wedstryd vir hulle opponente gaan moeilik maak.

FOTO: Mario van de Wall

Tydens die liga fase van die kompetisie het Lahoff die wen gevat. Maar soos hulle sê, ‘n ‘derby’, eindstryd en modderwedstryd is alles gelykmakers. Vandag se wedstryd tussen dié twee spanne merk twee van dié drie boksies.

Dié wedstryd skop om 16:00 op Olënpark af.

Die ander eerstespanwedstryde is soos volg:

o/13A Kleinskkole speel Buhrmansdrift teen Bloemhof om 14:00

o/13A Mediumskole speel Burgersdorp teen Lichtenburg om 15:00

Vir meer plaaslike Rugbynuus besoek:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button