SportSport

SA tennistweeling het sterk familiebande met Potchefstroom

Die Suid-Afrikaanse tennistweeling, Zani en Lee Barnard, het die afgelope vier en 'n half jaar hulle stempel in Amerika afgedruk by die Middle State University in Tennessee. 

Die Suid-Afrikaanse tennistweeling, Zani en Lee Barnard, het die afgelope vier en ‘n half jaar hulle stempel in Amerika afgedruk by die Middle State University in Tennessee.

Buiten die feit dat hulle vir die universiteit se Blue Raiders tennisspan puik presteer behaal hulle ook altwee B.S. Megatroniese Ingenieurswese grade (cum laude).

Zani en Lee Barnard saam met hulle pa, Johan.

Hierdie Barnards se wortels strek diep in Potchefstroom as ‘n mens na die familieboom kyk.

Zani en Lee se groot ouers Jakkie en Hans Barnard is in 1928 in Hervormde Kerk Potchefstroom getroud. Hulle Oupa Johan Barnard woon in Potchefstroom was senior Lektor Chemiese Ingenieurswese aan die NWU. Hy is ook bekend in waterwys kringe. Ouma Rechta du Plessis is verlede jaar oorlede. Sy het deeltyds klasgegee aan die ou POK.

Elrita en Johan Barnard, saam met Zani en Lee Barnard.

Zani en Lee se pa, Johan Barnard, is ‘n Myningenieur en is beklee vir jare die pos van Tegniese Direkteur van Kaz Min Kazaghstan. Vyf kopermyne val onder hom.

Hulle ma, Elrita Barnard, is ook ‘n oud-onderwyseres. Al vyf die Barnard kinders het vir Laerskool Mooirivier en Potchefstroom Gimnasium tennis gespeel.

Tannie Ohmar Fernandes, fisioterapeut het paar jaar terug in die finaal dubbels Veterane 40+ in Miami verloor.

‘n Afskeid tennisdag is aan Zani en Lee opgedra met lewens grootte fotos van hulle teen die Adams Tennis Complex se mure.

Lee het 111 wenne as Blue Raider behaal 60-56 in die enkels en 51-57 in die dubbels. Zani behaal 106 wenne 57-57 in enkels en 49-53 in dubbels. Saam met Lee wen hulle 217 dubbel wedstryde in die toernooi. Hulle kom 16e in die ITA Ohio Valley en klop top spanne in die Conference USA-toernooi.

Hulle visa laat hulle toe om vir 3 jaar in Amerika te werk. Hulle het aanbiedinge aanvaar by dieselfde firma, Commissining Engineers,  in Nashville Tennessee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button