SportSport

Ferdie-swemmer ryg die medaljes in

Jace het 5 eerste plekke, 2 tweede plekke en drie derde plekke onder andere by die SA Level 3 Age Group kampioenskappe in Sasolburg in Maart behaal.

Ferdies se sprankelende swemmer, Jace Gomes, is besig om in beide swem en tweekamp sy stempel af te druk.
Jace het 5 eerste plekke, 2 tweede plekke en drie derde plekke onder andere by die SA Level 3 Age Group kampioenskappe in Sasolburg in Maart behaal. Jace is ook verbonde aan die Potchefstroom Swemklub.

Jace Gomes van Ferdies na sy fantastiese swemprestasies. Foto: Verskaf

Verder het hy aan die begin van April by die SA Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem en ‘n 20ste plek in die o.17 ouderdomsgroep behaal. Hy verwerf sodoende ook NW kleure in Moderne Tweekamp.

Hier is ‘n lys van Jace se swemprestasies (o.16) in Sasolburg vanjaar:

  • 100m Borsslag – 1ste plek
  • 100m Vlinderslag – 5de plek
  • 100m Vryslag – 4de plek
  • 50m Borsslag – 2de plek
  • 100m Rugslag – 7de plek
  • 50m Vryslag – 3de plek
  • 200m Borsslag – 1ste plek
  • 50m Vlinderslag – 3de plek
  • 4x100m Vryslagaflos (seuns o/14-o/24)- 1ste plek
  • 4x50m Vryslagaflos (seuns o/14-o/24)- 3de plek
  • 4x50m Wisselslagaflos (seuns o/14-o/24) – 2de plek
  • 4x50m Wisselslagaflos (gemeng o/14-o/24 ) – 1ste plek
  • 4x100m Vryslagaflos (gemeng o/14-o/24 ) – 1ste plek

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button