Roets wen Afrika bergfietstitel

Roets het aan die Afrika Kontinentale Kampioenskappe (XCO) in Windhoek deelgeneem en die junior-afdeling gewen.

Ernie Roets, Gimmies se top bergfietsryer, het die afgelope naweek (Saterdag, 23 April) nog ‘n belangrike titel op sy kerfstok gekry toe hy as Afrika-kampioen gekroon is.

Ernie Roets laat wiel in Windhoek.

Roets het aan die Afrika Kontinentale Kampioenskappe (XCO) in Windhoek deelgeneem en die junior-afdeling gewen. Sodoende is hy nou die Afrika-kampioen vir 2022.

Ernie Roets op pad na sy oorwinning in die Afrika Bergfietskampioenskappe in Windhoek, Namibië.

Roets het die oorwinning in 1:06:57 behaal voor die Namibiër Daniel Hahn en Massimiliano Ambrosi van Suid-Afrika in die derde plek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version