SportSport

Volkies breek Boksburg harte

Volkies was van meet af die beter span as hulle Johannesburgse teenstanders.

Volkies se eerstespan het Saterdag (23 April) Boksburg harte gebreek nadat hulle met 31 – 5 met Hoërskool Oosterlig klaar gespeel het.

Volkies was van meet af die beter span as hulle Johannesburgse teenstanders. Alhoewel Oosterlig vir ‘n groot gedeelte va ndie wedstryd ‘n manier gekry het om in die wedstryd te bly. Hulle werk by die afbreekpunte veral het dit vir die Potchefstromers baie moeilik gemaak.

Maar nadat die krane vir Volkies oopgedraai was, was daar nie meer keer aan hulle nie.

Die voorspelers het Oosterlig keer op keer agtertoe geskrum, en sodoende  goeie bal aan die agterlyn verseker.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, het sy manne stadig begin maar goed klaar gemaak.

“Ons het aan die begin gesukkel om momentum te kry. Ons was bietjie ontwrig met ons skrumskakel wat beseer was, so ons moes ‘n paar skuiwe maak. Maar die outjies het baie mooi gespeel. Hulle het mooi kalm gebly tot op die einde toe. Ek is tevrede met waar ons is as span op stadium tyd van die seisoen,” het de Beer gesê.

Dean Snyder, Volkies se gewone losskakel moes diens by die basis van die skrum doen. Nadat hy terug na losskakel toe geskuif het, het dinge begin vinniger vir Volkies gebeur.

Volkies speel hulle volgende wedstryd teen Wesvalia.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button