Gimmies gee alles om wen in NWU reeks te beklink

Die Potchefstromers het soos wafferse soldate in loopgrawe net geweier om enige gebied op te gee.

Gimmies se eerste span het Saterdag (23 April) met 12 – 5 ‘n groot oorwinning teen Marais Viljoen beklink. Die kwarteindwedstryd tussen dié twee spanne was ‘n uitputtingsoorlog wat Gimmies se soldate uiteindelik gewen het. Alhoewel Marais Viljoen die gunsteling was om die wedstryd te wen, het Gimmies gewys wat in hulle steek. Die Potchefstromers het soos wafferse soldate in loopgrawe net geweier om enige gebied op te gee. Die blou en wit se verdediging was hulle sterk punt op die dag gewees. Die een drie wat Marais Viljoen gaan druk het was, van losspel af. Gimmies het elke gestruktureerde aanval van hulle teenstanders gestuit. As daar na die wip-wa seisoen kyk wat Gimmies tot dusver ervaar het, het min mense hulle ‘n kans teen Marais Viljoen gegee. Volgens Garann Kriek, het sy span ongelooflike veggees gewys om die wedstryd te wen. “Ons het met tye bo ons gewig geboks. Die ouens het net nooit ophou in hulleself en in die sisteem glo nie,” het Kriek gesê. Die kanse wat na die agterlyn se kant toe gekom het is goed gebruik. Gimmies se volgende wedstryd in die NWU reeks is teen Montana op Rustenburg se velde. Die tweede span speel teen Wesvalia. Die dag se ander uitslae is soos volg: 0/14A vs Lichtenburg wen 59 – 12 0/14B vs Potch Volkies wen 24 – 21 0/15A vs Oos Moot verloor 36 – 5 016A vs Marais Viljoen wen 43 – 10 0/16B vs Marais Viljoen verloor 24 – 0 Derdes vs Oos Moot wen 8- 7 Tweedes  vs Potch Volkies wen 10 – 8 Eerstes vs Marais Viljoen wen 12 – 5   https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/    

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version