Atlete druk stempel af by SASA nasionale kampioenskappe

Potchefstroom Gimnasium se atlete behaal nege medaljes in hulle ACNW-drag tydens hierdie kampioenskappe wat vanaf 16-19 Maart in Germiston plaasgevind het.

Die top plaaslike hoërskoolatlete in Potchefstroom het weer hulle talent teen die land se bestes by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek (SASA) se nasionale kampioenskappe bewys.

Potchefstroom Gimnasium se atlete behaal nege medaljes in hulle ACNW-drag tydens hierdie kampioenskappe wat vanaf 16-19 Maart in Germiston plaasgevind het.

Jamoré Olivier het ‘n silwermedalje vir dogters o.15 gewigstoot behaal.

Riandi Boshoff behaal silwer in die dogters o.19 diskus-item. Silwer hang ook aan die nekke van Lee-Ann Grobbelaar (dogters spiesgooi o.19) en Jamoré Olivier (dogters gewigstoot o.15).

Sandri van Rooyen was weer kookwater en het drie medaljes verower.

Die naelloper, Sandri van Rooyen behaal silwer in die dogters o.17 100m, brons vir 100m hekkies sowel as goud in die medleyaflos. Phemelo Molale wen ‘n bronsmedalje in die seuns o.19 100m en kry ook goud in die medley aflos.

Phemelo Molale

Thlotlo Phakedi behaal ook ‘n indrukwekkende goud as deel van ACNW se medley-aflosspan.
Volkies se Lea Verster behaal ‘n derde plek in die dogters o.15 verspring-item.
Sy kom ook vyfde in die 300m hekkies-item.

Volkies se staatmakers by die SASA nasionale atletiekkampioenskappe wat vanaf 16-19 Maart in Germiston plaasgevind het. Van links is Reagan April, Lea Verster, Marizel Meintjies en Janise Nell.

Volkies en ACNW se top stappers, Marizel Meintjies (5km) en Janise Nel (10km) stap albei ‘n gouemedalje los. Volkies se Reagan April behaal ‘n negende plek in die seuns o.19 verspring.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version