SportSport

Dorp skop Neser-veldtog met plaaslike Derby af

Dié wedstryd is 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd.

Potchefstroom Dorp Rugbyklub speel Saterdag (26 Maart) in hulle eerste Neserliga wedstryd van die seisoen. Dié wedstryd is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd, tussen Dorp en Ikageng. Verlede jaar het Dorp die beker gewen nadat hulle met Ikageng afgereken het. Dit sal ook Ikageng se eerste liga wedstryd van die jaar wees. Dorp het baie geleer na die onlangse Phillip van REnsburg uitdaagliga, waar hulle algeheel derde gekom het. Die Neser-liga is die premierliga vir Luiperds klubspanne. Daar word in twee poele meegeding waarna die top twee spanne uit elke poel na die uitklop rondte aanbeweeg. Dorp en Ikageng sal teen, Stilfontein Hurricanes, Lonmin, Westonaria en Zeerust in ‘n poel speel. Zeerust het reeds goeie aanspraak gemaak op die topplek in die pole nadat hulle vir Lonmin met 68 punte verneder het.  

Die wedstryd sal by Potch Dorp se velde plaasvind. Die eerstespan speel 16:00 en die Tweedespan 14:00. 

Bolla van der Merwe, voorsitter van die klub, nooi die hele gemeenskap om die dag saam te geniet. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button