Gimmies proe oorwinning in NWU Reeks

In 'n naelskraap naby wedstryd kon Gimmies met twee punte wen

Gimmies het Woensdag (16 Maart) teen Oosterlig gespeel.

In ‘n naelskraap naby wedstryd kon Gimmies met twee punte wen. Die eindtelling was 28 – 26. Volgens Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies is daar nog baie werk wat voorlê.

“Ek is nogsteeds baie trots op die ouens hulle het op die dag baie goeie rugby gespeel,” het Kriek gesê.

Gimmies wys week na week verbetering, dit sal nie verbaas as hulle nog ‘n paar oorwinnings in dié kompetisie behaal nie. Die struktuur wat Kriek en sy span deur die bank aangebring het gaan vir Gimmies in die langtermyn nog baie help.

“Ons moet net aanhou met wat ons doen, dan sal ons die vrugte pluk,” het Kriek gesê.

Die ander rugby uitslae:

o/14A wen 50 – 0

o/14B wen 40 – 0

o/15A wen 19 – 0

o/15B wen 43 – 0

o/16A wen 57 – 6

o/16 B wen 43 – 0

Derdes verloor 24 – 7

Tweedes verloor 10 – 0

Eerstes wen 28 – 26

 

Foto: Sybil Joubert
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version