“Ons moet vir 80 minute implimenteer”

Tukkies lê tans 4de op die punteleer terwyl die NWU op 7de lê. 

“Ons voorbereiding was goed. Ons het gewerk aan spesifieke dinge vir die wedstryd vanaand. Nou moet ons net vir 80 minute implimenteer,” So sê André Pretorius, hoofafrigter van die NWU, oor vanaand (7 Maart) se wedstryd teen Tukkies. Dit gaan ‘n moeilike toets wees vir die Potchefstromers. Tukkies lê tans 4de op die punteleer terwyl die NWU op 7de lê. Die groot maatstaf sal wees of die NWU die sterk begin wat hulle in al hulle ander wedstryde tot dusver gehad het, kan volhou. In  vorige wedstryde teen, Ikeys en UJ het die NWU vir die eerste helfte die septer geswaai. Tog in die laaste oomblikke van die wedstryd het hulle gesukkel om die oorhand te hou. Pretorius se manne sal voel dat hulle dalk meer uit dié wedstryde moes kry. Die volgende drie wedstryde i heel moontlik die moeilikste wedstryde in die NWU se veldtog. Na die wedstryd teen Tuks, vanaand moet die manne in pers Bloemfontein toe reis om die Shimlas aan te vat. Daarna is dit die langpad Kaap toe waar die Maties  vir hulle wag. Alhoewel alle aandag op vanaand se kragmeting teen Tuks is. Pretorius het aan die begin an die seisoen gesê dat elke wedstryd soos ‘n eindstryd aangepak moet word. Daar is ‘n paar veranderinge aangebring aan die span wat verlede week teen UJ begin het. Jason Jansen begin op loskop, met Ruben du Plessis op die bank. Wihan Nel vervang vir Marvelous Mashimbyi in die beginspan en die besserde Chris Vermaak is ook hierdie week weer op sy plek. Naiden Jaarts is in die plek van Pienaar van Niekerk wat glo met ‘n dyspierbesering sukkel. Jason Jansen, Vernon Paulo, Ruan Swiegers, Wihan Nel, Ruben Dreyer, Chris Vermaak, Heinz Bertram, André Fouche, Riaan Genis, Nivan Petersen, Naiden Jaarts, Isrome Phatudi, Tino Swanepoel, Keano Windvogel, Heinrich Botha. Plaasvervangers: Chyle van Zyl, Ruben du Plessis, Ntobeko Shezi, Marvelous Mashimbyi, Gustav Erlank, Sylvester Hassien, Kagiso Woodbridge, Martin Venter. Die wedstryd skop om 19:00 op die Fanie du Toitsportgronde af. Dit sal regstreeks op Supersport uitgersaai word.

 

Local Rugby Hub

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version