SportSport

Luiperds o/20 doen goeie goed maar kom tweede

Dit is 'n moeilike begin vir die o/20 Luiperds span wat voor verlede naweek teen die Bulle les opgesê het.

Die Luiperds se o/20 span het Saterdag (5 Maart) teen die verdedigende o/20 beker kampioene, die Leeus gespeel. Die Leeus het uiteindelik die wedstryd 24-14 gewen. Die Luiperds het op tye baie goeie rugby gespeel. Veral hulle rolmaal, was ‘n sterkpunt in die eerste helfte. As daar een of twee keer kant toe geskop het kon die telling biae anders gelyk het. Die Leeus het op die dag hulle kanse  beter gebruik. Dit is ‘n moeilike begin vir die o/20 Luiperds span wat voor verlede naweek teen die Bulle les opgesê het. Die Luiperds is tans 7de op die punteleer en sal hierdie komende naweek (12 Maart) ‘n wen teen die Cheetahs wil kry om hulle veldtog aan die lewe te hou. Dit sal ‘n moeilike taak vir hoofafrigter, Hannes Esterhuizen se manne wees, om in Bloemfontein te gaan wen. Covid beperkings het veroorsaak dat dié groep jong mans, baie lanklaas komepterende Rugby gespeel het. Sodra die roes behoorli kafgeskud is, behoort die manne beter te vaar.   https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/  

Related Articles

Back to top button