Taai eerste wedstryd vir NWU vanaand

Die Universiteit van Kaapstad is nie die maklikste teenstander om teen te begin nie. Ikeys het verlede jaar in die eindstryd teen die uiteindelike kampioene Tukkies gespeel.

Die NWU skop vanaand (14 Februarie) hulle Varsitybeker veldtog tuis teen Ikeys af. Die Universiteit van Kaapstad is nie die maklikste teenstander om teen te begin nie. Ikeys het verlede jaar in die eindstryd teen die uiteindelike kampioene Tukkies gespeel. Die einste span het ook die NWU in die halfeindrondte uitgeskakel. Die perstroepe sal graag ‘n mate van wraak wil neem. Daar is nie ‘n beter plek om dit te doe nas op tuis bodem nie. Daar sal vanjaar weer toeskouers by die wedstryde toegelaat word, mits hulle ingeënt is. Die skare sal ook tot 2000 beperk word.  Alhoewel ‘n kleiner skare waaraan daar in Varistybeker gewoond geraak het, is dit die eerste keer sedert 2020 wat die manne weer voor ‘n skare kan speel. Volgens Tom Dawson-Squibb, hoofafrigter van Ikeys, het hulle heelwat spelers verloor en gaan vanjaar met ‘n redelike jongspan speel. “Daar sal dalk ‘n paar van die manne wees wat bietjie grootoog op die dag gaan wees. Die feit dat daar 2 000 mense gaan wees, maak die opgewondenheid nog groter. Ek het baie herinneringe daarvan om in Potch te speel. Dit is kan ‘n vyandige omgewing wees om in te speel, maar dit is ‘n groot voorreg,” het Dawson-Squibb gesê. Van die gevaar manne om na te kyk in die Ikeys span is die heelagter Athi Gazi, wat sy laaste Varsitybeker jaar met goeie rugby sal wil aflsuit. Die vaskop Keagan Glade kan dit dalk vir die NWU  in die skrums moeilik maak. Die NWU se loskop, Ruben du Plessis sal sy teenstander van vroeg af onder druk wil sit. Alhoewel die NWU ook ‘n paar silwerkoeëls in hulle geweer sal hê. Benewens die senior spelers soos Sampie Swiegers, Riaan Genis, André Fouche, Heinz Bertram en Keano Windvogel, kan daar gerus vanjaar na Marvelous Mashimbyi wat op slot begin gekyk word. Hy is ‘n groot speler en daar kan verwag word dat hy ‘n direkte fisiese spel gaan speel. Volgens hoofafrigter, André Pretorius, moet hulle versigtig wees om te dink dat die tuisveld-voordeel die wedstryd vir hulle gaan wen. “Ons kan nie bekostig om enige wedstryd as vanselfsprekend te aanvaar nie. Elke wedstryd moet op sy meriete gespeel word en moet eintlik soos ‘n eindstryd benader word,” verduidelik Pretorius. Die spanne vir vanaand se wedstryd NWU: Ruben du Plessis, Vernon Paulo, Sampie Swiegers (Kaptein), Marvelous Mashimbyi, Ruben Dreyer, Chris Vermaak, Heinz Betram, André Fouche, Riaan Genis, Nivan Peterson, Keano Windvogel, Pienaar van Niekerk, Tino Swanepoel, Elzandro Fredericks, Heinrich Botha. Op die bank: Chyle van Zyl, Jason Jansen, Ntobeko Shezi, Wihan Nel, Jakkie Eloff, Gustav Erlank, Aphelele Madaka, Isrome Phatudi   Ikeys: Luthando Woji (kaptein), Alex Castle, Keagan Glade, Matthew Grobler, Mika Schubert, Sipho Dyonasse, Taariq Kruger, Jason Mcleod-Smith, William Rose, David Hayes, Rethabile Louw, Kyle Lamb, Suleiman Hartzenburg, Rihaaz Fredericks, Athi Gazi. Op die bank: Keagan Blanckenberg, Seth Christian, Alizwa Mngqeta, Reynardt Crous, Callum Whitson, Kyle Bowman, Kian Davis, Duran Koevoert          

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version