NWU harte breek op Valentynsdag

NWU ondersteuners se harte het in die laaste oomblikke tydens vanaand (14 Februarie) se Varsitybeker-wedstryd teen Ikeys gebreek. 

NWU ondersteuners se harte het in die laaste oomblikke tydens vanaand (14 Februarie) se Varsitybeker-wedstryd teen Ikeys gebreek. Die spelers sou voel dat hulle meer uit die wedstryd verdien het, veral na ‘n eerste helfte vertoning waar dit gelyk het of die NWU die Kapenaars se nommer het. Die Persmasjien het voorlangs gedomineer. Goeie verdediging was ook aan die orde van die dag vir die Potchefstromers. Die skrums en lynstane was iets waarop die NWU-manne kan trots wees. Heinz Bertram het die lynstane vir die NWU keer op keer gewen, terwyl hy ook die lynstane van Ikeys ontwrig het. Ruben du Plessis het meer as sy man teen Keagan Glade in die skrums gestaan. Nivan Peterson het van vroeg af die telbord laat oortel met goeie skopwerk. Heinz Betram en Riaan Genis het oor die lyn vir die NWU gegaan. Rihaaz Fredericks het ‘n aangee van  Genis onderskep waarna Suleiman Hartzenburg die drie afgerond het.Kort voor halftyd gaan druk Ikeys weer na harde verdediging van die NWU af. Die halftyd telling was 26-14. Die tweede helfte vind Ikeys hulle ritme op die aanval. William Rose gaan druk vroeg in die tweede helfte om die telling 26-21 te maak. David Hayes die losskakel van Ikeys sukkel met sy stelskoppe en laat baie punte op die veld. Die plaasvervanger stut vir Ikeys, Seth Christian, gaan in die 73ste minuut oor die doellyn Hayes mis die skop en die telling is 26 elk. ‘n Goei lugskop wat nie deur die NWU gevat kon word nie is deur die plaasvervanger vleuel Duran Koevort in nog ‘n drie verander. Die laaste skop gaan oor en die Ikeys wen die wedstryd in die laaste minute 35-26. Foute op kritiese tye van die wedstryd het die NWU uiteindelik gekos. Alhoewel dit nie alles sleg is vir die Potchefstromers nie. Veral die voorspelers het goed gespeel. Die verdediging was op tye uitstekend. Pretorius en sy span sal na die wedstryd kyk en sterker terugkom.  

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version