Volkies bergfietsryers op goeie vorm

Ansuné Fourie, ‘n graad 12 Volkie-leerder, het ‘n uitstekende tweede plek in die XCO-kompetisie verwerf

Hoër Volkskool Potchefstroom se bergfietsryers, Ansuné Fourie en Reinhardt Cordier, het by verlede naweek se Noordwes en Vrystaat XCO-provinsiale bergfietskompetisie by Koedoeslaagte naby Parys puik prestasies behaal.

Ansuné, ‘n graad 12 Volkie-leerder, het ‘n uitstekende tweede plek in die XCO-kompetisie verwerf. Sy was ook die eerste Noordwes-fietsryer in haar ouderdomsgroep.

Reinhardt, ‘n graad agt-leerder aan Volkies, het ‘n vierde plek in ‘n baie kompeterende veld behaal.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version