Finale voorbereidings vir Dorp

Potch Dorp Rugbyklub is besig met die finale voorbereidings voor hulle op 19 Februarie aan die Phillip van Rensburg uitdaagreeks deelneem.

Potch Dorp Rugbyklub is besig met die finale voorbereidings voor hulle op 19 Februarie aan die Phillip van Rensburg uitdaagreeks deelneem. Vanaand, 10 Februarie word daar om 19:00 ‘n opwarmingswedstryd teen Parys Rugbyklub gespeel. Saterdag, 12 Februarie om 17:00 skop die eerstespan die volgende opwarmingswedstryd teen Welkom Rovers af. Die tweede span speel Saterdag reeds om 15:00. Die eerste kompetisie waaraan Dorp vanjaar gaan deelneem is die Phillip van Rensburg uitdaagreeks. Die reeks word in ‘n uitklopformaat gespeel. Alle wedstryde word op Olënpark gespeel. Dorp se eerste wedstryd is op 19 Februarie teen Westonaria. Die spanne wat aan die uitdaagreeks deelneem is Ikageng, Potch Dorp, Klerksdorp, Lichtenburg, Impala, Hartebeespoortdam Wolverines, Stilfontein Hurricanes en Westonaria. In die verlede het die kompetisie as die Presidentsliga bekend gestaan. Die naamverandering is ter ere aan Phillip van Rensburg, ’n groot rugbyman in die provinsie wat verlede jaar weens Covid oorlede is.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version