Foto’s: Gimmies in volle vaart by McArthur

Potchefstroom Gimnasium se atlete is in goeie vorm voor die opkomende NW Interhoër atletiekbyeenkoms na ‘n goeie vertoning vandag (Saterdag, 5 Februarie) by Gimmies se Prestigeatletiekbyeenkoms. Gimmies het teen Vereeniging Gimnasium, Hoërskool Bergsig, Fourways High School, en Hoërskool Dr. Malan onder andere op die dag gekompeteer. Die spiesgooier, Armand Willemse, het sy uitmuntende vorm voortgesit …

Potchefstroom Gimnasium se atlete is in goeie vorm voor die opkomende NW Interhoër atletiekbyeenkoms na ‘n goeie vertoning vandag (Saterdag, 5 Februarie) by Gimmies se Prestigeatletiekbyeenkoms.

Gimmies het teen Vereeniging Gimnasium, Hoërskool Bergsig, Fourways High School, en Hoërskool Dr. Malan onder andere op die dag gekompeteer.

Die spiesgooier, Armand Willemse, het sy uitmuntende vorm voortgesit met ‘n rekordgooi van 71,25 meter. Die vorige rekord was 68 meter.

Willemse het ook eerste plekke in werpskuif en gewigstoot vir Gimmies behaal op die dag.

Van die uitblinkers vir Gimmies op die baan was die blitse, Sandri van Rooyen, Phemelo Molale en Righardt Joubert – elkeen wat die stof in die oë van hulle teenstanders gelos het.

Alri Verster was ook in ‘n klas van haar eie in die dogters 800m wedloop.

Hier is Gimmies se leerders wat bo 900 punte behaal het en rekords gebreek het:

 

*Punte*(Bo 900)
*Armand Willemse*
Spiesgooi – 969
*Riandi Boshoff*
Diskus – 940
*Jamoré Olivier*
Gewig – 933
*Lee-Ann Grobbelaar*
Spies – 902

*Rekords*
*Armand Willemse*:
71.25 Spiesgooi (68.02)(2019)
*Riandi Boshoff*:
45.44 Diskus (38.88)(1979)
*Righardt Joubert*:
14.11 100mH (14.51)(2014)
6.19 Verspring (6.18)(2018)
*Stephane Hook*:
38.79 Spies (38.52)(2014)
*Jamoré Olivier*:
37.20 Diskus (36.28)(2013)

Hou www.potchefstroomherald.co.za dop vir volledige uitslae.

Foto’s: Wouter Pienaar

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version