Jong atlete presteer by Mooirivier Prestigebyeenkoms

Die dag was met propvol aksie en bewys dat daar baie plaaslike atletiektalent in Potchefstroom is.

Laerskool Mooirivier het Saterdag, 29 Januarie hul jaarlikse Prestige atletiekbyeenkoms by die Kenneth McArthur-stadion saam met sewe ander skole aangebied. Die dag was met propvol aksie en bewys dat daar baie plaaslike atletiektalent in Potchefstroom is.

Laerskool Baillie Park, Laerskool Burgersdorp, Laerskool Goudkop, Laerskool Lichtenburg, Laerskool ML Fick, Laerskool Mooirivier, Laerskool Risiville en Potchefstroom Primary School was die ander deelnemende skole.

Die volgende puik prestasies is individueel deur Moorivier se atlete behaal:

Junior Victor Ludorum: Declan Taute

Senior Victrix Ludorum: Anika Botes

Senior Victor Ludorum: Christiaan Verster.

Daar is ook vier rekords op die dag deur Tokkies verbeter, naamlik:

Anika Botes, dogters o.13 100m – 13.00 sekondes

Alrike Hattingh, dogters o.10 1200m – 4:19.20

Tedrich Hattingh, seuns o.10 1200m – 4:03.30

Dianie du Preez, dogters o.12 verspring – 4,71m

Laerskool Mooirivier se skoolhoof, mnr. Jakkie van Vuuren, oorhandig die Junior Victor Ludorum trofee aan Declan Taute.

Laerskool Baillie Park se atlete het ook fantasties presteer met onder andere, Melicia Koekemoer, Lemarc Henry, Imke Bornman en Logan Botes wat goud verwerf. In die dogters o.9 60m en 80m behaal Koekemoer twee goue medaljes.

Henry behaal in die seuns o.13 hoogspring ‘n eerste plek met ‘n hoogte van 1,51m. Bornman behaal in die dogters o.12 eerste plekke in gewigstoot en diskus. Logan Botes seuns o.13 behaal drie goue medaljes in gewigstoot, diskus en spiesgooi.

M.L. Fick se atlete het ook in ligblou en wit geskitter met drie atlete wat goud verower het.

Damian Pretorius was flink in die seuns o.11 1200m-item en het met sy langasem bewys dat hy goeie uithouvermoë het.

Een van Emmies se blink atletieksterre, Deoné Stroud, was ook in top vorm in die dogters o.13 hoogspring-item met ‘n goue medalje. Lize van Wyk behaal ook ‘n eerste plek in die dogters o.11 gewigstoot.

Potchefstroom Primary vaar ook uitstekend met 6 goud, 10 silwer en 3 bronsmedaljes. Lerato Mokona behaal gou in die dogters o.13 stap-item, terwyl Loarona Baas ‘n eerste plek in die seuns o.13-stap behaal.

Lethabo Phutiyagae (silwer) en Olerato Kamana (brons) behaal al die podium plekke vir Potch Primary in hierdie item.

Ander presteerders vir Potch Primary is Omantle Mahlangu (goud in dogters o.10 verspring), Remongwe Sepato (goud, seuns o.12 verspring), Momolezi Mboyi (goud, seuns o.11 – 100m en 80m)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version