SportSport

Jansen neem 4/55 op toetsdebuut

Slegs vier jaar gelede het hy as skolespeler vir Kohli in die nette geboul en nou het hy sy paaltjie op toetsvlak geneem. 

Die voormalige Potch Gimmie krieketkaptein, Marco Jansen, het homself sover goed van sy taak gekwyt in sy toetsbuiging teen Indië.

In hierdie eerste toets op Supersportpark in Centurion het Jansen in Indië se tweede beurt met 4 paaltjies vir 55 lopies gespog.

Marco Jansen tydens sy toetsdebuut. Foto: Gallo Images.

Hierdie hotklou snelbouler wat 2.06 meter uittroon, het die paaltjies van die Indiese kaptein, Virat Kohli, Ajinkya Rahana, Mohammed Siraj en Mayank Agarwal geneem in hulle tweede beurt van 174 almal uit.

Slegs vier jaar gelede het hy as skolespeler vir Kohli in die nette geboul en nou het hy sy paaltjie op toetsvlak geneem.

Sodoende het hy gekombineerde syfers van 5/144 in 31 boulbeurte in sy eerste toets.

Met Suid-Afrika wat tans 305 lopies benodig om die toets te wen met vier sessies se krieket oor, is die kans goed dat Jansen nog met sy kolf ‘n bydrae sal moet maak.

Hy het alreeds 19 in sy eerste kolfbeurt op toetsvlak gemaak en bewys dat hy genoeg skietgoed het om as ‘n kolwer sy man te kan staan.

Suid-Afrika is tans 1/1 in hulle lopiejaagtog van 305 om die wedstryd te wen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button