Amelia laat die veerpyltjies vlieg

Hierdie inwoners het die afgelope twee jaar getrou saam met hulle verpleegster en afrigter, Stephné Cockram, geoefen en na verskeie uitdunne het 24 deelnemers aan die kompetisie deelgeneem.

Amelia Nasorgsentrum se inwoners was verlede maand op hulle stukke tydens ‘n fantastiese veerpyltjie kompetisie wat Bobbies Darts aangebied het.

Na ongeveer twee jaar se oefening het hierdie deelnemers bewys dat hulle nie net ‘n passie vir die sport het nie, maar ook ‘n opgewondenheid om altyd meer te leer en kolskote in te samel in hierdie sport.

Hierdie inwoners het die afgelope twee jaar getrou saam met hulle verpleegster en afrigter, Stephné Cockram, geoefen en na verskeie uitdunne het 24 deelnemers aan die kompetisie deelgeneem.

Die deelnemers het bestaan uit 14 mans en 10 vroue, wat volgens die kompetisiereëls teen mekaar sake uitgespook het.

Na afloop van die kompetisie is daar verskeie pryse uitgedeel wat een van die hoogtepunte was van die dag.

Herman Coetzer van Bobbies Darts bedank graag al die borge waarsonder hierdie kompetisie nie kon plaasvind nie. Hy bedank ook die klublede van Bobbies Darts wat met die kompetisie gehelp sowel as almal wat ‘n bydrae tot die sukses van die dag gehad het.

 

Exit mobile version