Baillies Glow Run beloof kleurvolle pret

Laerskool Baillie Park bied hierdie Vrydag, 3 Desember, ‘n prettige, helderkleurige 5km Glow Run aan wat beloof om talle draffers te lok vir ‘n lekker oefensessie in die aand. 

Laerskool Baillie Park bied hierdie Vrydag, 3 Desember, ‘n prettige, helderkleurige 5km Glow Run aan wat beloof om talle draffers te lok vir ‘n lekker oefensessie in die aand.

Die Baillies Glow Run betrek graag die Potchefstroomse gemeenskap met inskrywings wat alreeds 16:00 op die dag oopmaak vir die 19:00 wegspringtyd.

Inskrywings beloop R 80 per persoon. Skole met die meeste inskrywings staan ook die kans om ‘n prys te wen. Daar beloof ook talle verassings by elke kilometer te wees met hope kleurvolle pret wat op deelnemers wag.

Belangstellendes kan vir Jaco Vermaak by 067 415 7996 of Tania Wessels by 079 523 6814 kontak vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version