SportSport

Potch tennis-sussies lig albei SA Meesters-titels

Die Van Zyl sussies, Mari-Louise en Jahnie, het by dieselfde toernooi skoonskip gemaak en die titels gebuit by die gesogte Growthpoint Meesterstoernooi by Tukkies in Pretoria.

Die Van Zyl sussies, Mari-Louise en Jahnie, het by dieselfde toernooi skoonskip gemaak en die titels gebuit by die gesogte Growthpoint Meesterstoernooi by Tukkies in Pretoria.

Potch se twee ster tennis-sussies, Jahnie en Mari-Louise van Zyl het albei die Growthpoint Meesterstoernooi in Pretoria in hulle onderskeie ouderdomsgroepe verower. Foto: Verskaf

Hierdie toernooi word as die top tennistoernooi in SA beskou en dit is ‘n rare verskynsel dat sussies albei die titels in hulle onderskeie ouderdomsgroepe verower.

Slegs die top agt in elke ouderdom word gekies om teen mekaar te kompeteer, so die gaping om foute te maak is beslis min. Hierdie druk op die groot verhoog het wel nie die Van Zyl’s gepla nie, inteendeel het hulle floreer. Jahnie (Laerskool Mooirivier) klop vir Roxy Bredenkamp 6-3 6-2 om die o.12 titel in te palm.

Hierdie jong rooikop speel kookwater tennis en is beslis een om dop te hou vir die toekoms. Haar ouer sussie gaan een stap verder met ‘n perfekte vertoning in die o.16 eindstryd.

Mari-Louise (Gimmies) vee die baan met die eerste gekeurde Erin McKenzie met ‘n 6-0 6-0 oorwinning. Mari-Louise se sege is ‘n bewys dat sy beslis die mentaliteit van ‘n kampioen het – sy weet hoe om haar taak oortuigend af te handel.

Related Articles

Back to top button