NWU is USSA skaakkampioene

Die NWU-Potch span het almal in een van die rekenaar laboratoriums op kampus gespeel om steeds die gevoel van ‘n spankompetisie te skep.

Die NWU-Potch is die 2021 USSA Skaakkampioene nadat hulle in ‘n top spanpoging hulle tersiêre teenstanders laat les opsê het.

Die NWU Potch skaakspan wat as wenners by die 2021 USSA Skaaktoernooi aangewys is. Foto: Verskaf

Dit was die eerste keer wat die jaarlikse Universiteite (USSA) skaaktoernooi aanlyn plaasgevind het. Universiteite het deur middel van die Tornelo webwerf oor drie dae, 28 Augustus en 11 en 12 September teen mekaar deelgeneem.

Die NWU-Potch span het almal in een van die rekenaar laboratoriums op kampus gespeel om steeds die gevoel van ‘n spankompetisie te skep. Volgens die student skaakverteenwoordiger, Jan-Meyer Verhoef, was hulle die enigste span wat in ‘n rekenaarlaboratorium gespeel het, terwyl ander spanne almal van die huis af gespeel het.

“Daar was dus meer van ‘n spangees. Ons het algeheel gewen, met die mans wat eerste in hulle kategorie geëindig het en die vrouespan derde in hulle kategorie,” noem hy.

Die NWU eindig in die eerste plek met 168 punte, die Universiteit van Pretoria (Tukkies) met 160.5 in die tweede plek en die Stellenbosch Universiteit in die derde plek met 151.5 punte.

Exit mobile version