Veterane pak mekaar in pare

Die vroue pare sal by Potchefstroom Rolbalklub speel en die mans pare spook sake in Klerksdorp en Parys uit.

Noordwes se veteraan rolbalspelers pak mekaar Dinsdag, 26 Oktober wanneer die kompetisie in die verskillende seksies plaasvind.

Die vroue pare sal by Potchefstroom Rolbalklub speel en die mans pare spook sake in Klerksdorp en Parys uit. Sewentien vroue het ingeskryf: 4 van Potchefstroom rolbalklub, 4 van Klerksdorp, 3 van Parys en daar is ook spanne van Fochville, La Farge, PCC, Ventersdorp, Zeerust en Orkney.

Klerksdorp Rolbalklub oorheers die mans kompetisie met 10 spanne wat ingeskryf het. Parys en PCC het drie spanne elk, Fochville en Mafeking twee elk en daar is spanne van Zeerust, Potch Dorp, La Farge en Orkney.

* Noordwes Rolbal begin ook in Februarie 2022 met ‘n Junior kompetisie vir spelers 29 en jonger. Meer besonderhede later.

Exit mobile version