Foto’s: Sewes aksie uit die boonste rakke by Potch Dorp

Sestien spanne van regoor Noordwes het aan hierdie Luiperds klubtoernooi deelgeneem, met die NWU wat die bekerfinaal teen Potch Dorp wen

‘n Uiters suksesvolle sewes rugbydag het die afgelope Saterdag, 18 September by Potchefstroom Dorp Rugbyklub plaasgevind. Sestien spanne van regoor Noordwes het aan hierdie Luiperds klubtoernooi deelgeneem, met die NWU wat die bekerfinaal teen Potch Dorp met 21-7 wen.

Die Bowl-wenners is Westonaria, die skildwenners is Ikageng en die plaatwenners is Lichtenburg.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hierdie toernooi het bewys hoe gretig al die klubs is om rugby te kan speel en hulle talente in hierdie opwindende vorm van die spel te wys. Marcel Burger, kaptein van Potch Dorp 1 se eerste span het genoem dat die klub die dag terdeë geniet het. “Al ons spanne het die dag baie geniet. Daar was heeldag ‘n lekker opwindende atmosfeer gewees en ek dink al die spanne het goeie sportmanskap gewys. Op die veld was dit ernstig maar na die tyd kon ons met ons opponente staan en gesels en lag oor wat in die wedstryd gebeur het. Ons span het baie lekker saam gespeel en is heel tevrede oor die uitkoms alhoewel ons natuurlik die NWU ook graag sou wou wen in die finaal. Algeheel dink ek dit was net lekker vir almal om weer terug op die rugbyveld te wees,” vertel hy.

Uitslae: 16 – Orbit College, 15 – Khuma, 14 – Potch Dorp 3, 13. Westonaria, 12 – Klerksdorp 2, 11 – Timberwolves, 10 – Sannieshof, 9. Ikageng, 8 – Vryburg, 7 – Potch Dorp 2, 6 – Klerksdorp1, 5.– Lichtenburg, 4 – Patria, 3 – Stilfontein Hurricanes, 2 – Potch Dorp 1, 1 – NWU Pukke

Video: Wouter Pienaar

Exit mobile version