SportSport

Janneman Malan hou NWU se naam hoog met puik 177* vir Proteas

Die voormalige NWU en Noordwes Dragons kolwer blyk om spoedig 'n naam vir homself in internasionale krieket te maak met sy tweede honderdtal in sy sewende wedstryd vir sy land.

Die huidige Proteas openingskolwer, Janneman Malan, het vandag teen Ierland in die derde eendagwedstryd in die reeks in Malahide sy hoogste eendag internasionale telling van 177* (169) aangeteken.

Die voormalige NWU en Noordwes Dragons kolwer blyk om spoedig ‘n naam vir homself in internasionale krieket te maak met sy tweede honderdtal in sy sewende wedstryd vir sy land.

Hy het in hierdie pragbeurt 16 viere en 6 sesse gemoker. In ‘n 225-lopie openingsvenootskap saam met Quinton de Kock het hulle die Ierse boulers laat swoeg en sweet met puik kolfwerk. De Kock het ook ‘n honderdtal (120 van 91 balle) aangeteken. Malan het ook die hele kolfbeurt sy paaltjie bewaar en is een van min SA kolwers wat dit al in ‘n eendagwedstryd kon regkry.

Hierdie talentvolle speler het vir 213 minute gekolf en gewys wat dit vat om ‘n beurt soos ‘n huis te bou: Soliese fondasie in die begin voordat hy die beurt sy eie met puik houe na elke hoek van die veld gemaak het.

Malan het ook die vierde hoogste eendag-telling vir ‘n Suid-Afrikaner aangeteken agter Quinton de Kock (178), Faf du Plessis (185) en Gary Kirsten (188*.)

Malan het alreeds ‘n vyftigtal in die reeks aangeteken en as hy aanhou om goeie vertonings te lewer mag hy dalk net die antwoord vir die Proteas wees as openingskolwer vir die toekoms. Sy kolfgemiddeld is ook alreeds bo 100, na vandag se kolfbeurt.

 

Related Articles

Back to top button