SportSport

Gimmies se landloopatlete skitter by Mooivallei

Gimmies se atlete het hulself goed van hul taak gekwyt met Rico Leijenaar (o.16), Selma Kotzé (o.17), Illané Herbst (o.16), Kayla Scheppel (o.15) en Abigail Viljoen (o.14) wat almal eerste plekke behaal het.

Potchefstroom Gimnasium het die afgelope Saterdag, 19 Junie die vierde ACNW landloopliga aangebied waar van Potch se top landloopatlete op ‘n lekker koel oggend hulle langasems gewys het.

Kyk die volledige uitslae hier:

Laerskool Mooirivier se atlete was ook voor in die koor met Alrike Hattingh (o.9) en Tedrich Hattingh (o.9) wat albei eerste plekke behaal het.

In die senior mans 10km wedloop was Joel Mmone baas met Tumisang Monatlala in die tweede plek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button