SportSport

Potch Dorp klop Ikageng in Neserliga-stryd

Die linkervleuel, Victer Vlok, het 'n driekuns vir Potch Dorp gedruk en was een van die sterre vir Joe Smith se manne. 

Potch Dorp Rugbyklub se eerste span het hulle Neserliga-veldtog met ‘n 50-32 oorwinning teen Ikageng Rugbyklub vanmiddag (Saterdag, 8 Mei) op hulle tuisveld afgeskop.

Die linkervleuel, Victer Vlok, het ‘n driekuns vir Potch Dorp gedruk en was een van die sterre vir Joe Smith se manne. Potch Dorp het in totaal 7 keer gaan druk en was op ‘n stadium in die moeilikheid toe hulle met 25-21 teen halftyd agter was. Ikageng het self ook vier keer gedruk in ‘n skousepagtige wedstryd.

Die tweede helfte het Potch Dorp skouer aan die wiel gesit en die wedstryd beklink. Ikageng het wel nooit opgegee nie en ‘n paar skitterende oomblikke in die wedstryd gehad.

Hulle het gereeld vrae gevra op die aanval en vir ‘n paar benoude oomblikke gesorg.

Hou die Herald se webtuiste en koerant dop vir meer oor hierdie wedstryd en reaksie van die afrigters en spelers: Kyk die foto’s van die wedstryd hier:

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button