MotoringSportSportSport

NWU kies sterk beginspan teen Madibaz

'n Gevaarlike en vinnige agterlyn sal vir die NWU spoed gee met senters Lincoln Daniels en Conan Lefleur wat hulle stempel vroeg in die kompetisie sal wil afdruk. 

Die NWU begin vanjaar se Varsitybeker met ‘n gebalanseerde span propvol ervaring en nuwe gesigte teen die NMU-Madibaz in Pretoria vanmiddag.

André Pretorius se manne sal met niks meer as ‘n wen van die veld wil afstap om hulle toernooi te begin nie.

‘n Gevaarlike en vinnige agterlyn sal vir die NWU spoed gee met senters Lincoln Daniels en Conan Lefleur wat hulle stempel vroeg in die kompetisie sal wil afdruk.

Marco Donges begin op losskakel en hy sal meer fisieskheid in die agterlyn bied. ‘n Lostrio van André Fouché, Speph Mabuza, Chris Vermaak sal ook dopgehou moet word en kan ‘n groot verskil in die wedstryd maak.

Botter Moloto, Gustav du Randt en Ruben du Plessis sak vir die Potchefstromers in die skrum.

Die wedstryd skop om 15:00 af.

Hier is die beginspan vir die NWU:

15. Chuiner van Rooyen; 14. Pienaar van Niekerk, 13. Lincoln Daniels, 12. Conan Lefleur, 11. Keano Windvogel; 10. Marco Donges, 9. Caleb Louw; 8. André Fouché, 7. Speph Mabuza, 6. Chris Vermaak, 5. Malembe Mpofu, 4. Jeandré Leonard, 3. Botter Moloto, 2. Gustav du Randt, 1. Ruben du Plessis.

Related Articles

 
Back to top button