Bergfietsryer heel bo op die podium

Potchefstroom Gimnasium se top jong bergfietsryer, Ernie Roets, het gewys dat hy vanjaar gereed is om naam te maak.

Potchefstroom Gimnasium se top jong bergfietsryer, Ernie Roets, het gewys dat hy vanjaar gereed is om naam te maak.

In die eerste resies van die SA Cup wat Saterdag, 6 Maart in Limpopo plaasgevind het, was hy eerste in die o.16-afdeling in die XCO-resies. Die resies het in vier rondtes van 4.5 kilometer elk plaasgevind, met Roets wat ‘n puik oorwinning behaal het.

Ernie Roets.

Die volgende wedren is op 27 Maart in Gauteng, met nog vyf wedrenne na dit in verskillende provinsies gehou is. Die groot finaal vind op 10 Julie in Pietermaritzburg plaas waar die algehele wenner gekroon sal word.

Exit mobile version