SportSport

Swart en Wessels wen groot by klubkampioenskappe

Na skitterende vertonings op die baan is Riaan Swart (mans) en Zelané Wessels (dames) op Saterdag en Sondag, 6 en 7 Maart, as die klubkampioene aangewys.

Na skitterende vertonings op die baan is Riaan Swart (mans) en Zelané Wessels (dames) op Saterdag en Sondag, 6 en 7 Maart, as die klubkampioene aangewys.

Tagtig lede van die Potchefstroomse Buiteklub het aan die jaarlikse gholfklubkampioenskappe deelgeneem. Beide die mans en dames het in drie afsonderlike afdelings deelgeneem.

Daar is terselfdertyd ook in die senior-afdelings meegeding.

Zelané Wessels (dames klubkampioen) saam met Elizma Fuller (dameskaptein).

Mans Gross wenners: A-afdeling – Riaan Swart – 140 houe

B-afdeling – Jaco Muller – 165 houe

C-afdeling – Chris Binneman – 170 houe

Dames Gross wenners: A-afdeling en klubkampioen – Zelané Wessels – 167 houe

B-afdeling – Marné van der Merwe – 178 houe

C-afdeling – Ronel Botha

Die Nett wenners van die toernooi:

Mans Nett wenners: A-afdeling – Riaan de Beer – 140 houe

B–afdeling – Jan Viljoen – 150 houe

C-afdeling – Jaco Connoway – 139 houe

Dames Nett wenners:

A-afdeling – Elizma Fuller – 161 houe

B-afdeling – Louisa Grimbeek – 185 houe

C-afdeling – Nicky Fourie

Die volgende groot kompetisie by die Buiteklub is die Willows-toernooi oor die Paasnaweek.

iaan Swart (mans klubkampioen) saam met Albert Britz (manskaptein). Foto’s: Verskaf

128 spelers speel oor vier dae teen mekaar in ‘n parespel formaat. Tesame met die klubkampioenskappe is die Willows die groot toernooie van die klub.  

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button