SportSport

Mari-Louise behaal groot oorwinning op die tennisbaan

Van Zyl het by die Kelvin Grove Tennisklub in Rondebosch haar talent bewys en as die derde gekeurde speler vir Carli Kruger met 6-4, 6-2, in die finaal geklop.

Gimmies se top tennisspeler, Mari-Louise van Zyl, het haar jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit toe sy by die Growthpoint Super 8 tennistoernooi in Kaapstad, die o.16 dogters titel verower het. Van Zyl het by die Kelvin Grove Tennisklub in Rondebosch haar talent bewys en as die derde gekeurde speler vir Carli Kruger met 6-4, 6-2, in die finaal geklop.

Van Zyl kan uiteraard gelukkig wees met hierdie prestasie nadat sy vanjaar ‘n tweede plek by die SA Junior Tenniskampioenskappe in Bloemfontein behaal het. Sy moes toe die knieg teen die einste Kruger buig.

Mari-Louise van Zyl (regs) ontvang haar trofee. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button