SportSport

Sani2C sukses vir Potch ryers

Reën het modderige toestande veroorsaak wat sake meer uitdagend gemaak het. Van Eeden en Du Toit het wel bewys dat hulle teen die bestes in SA kan kompeteer.

Twee van Potchefstroom se top bergfietsryers, Pieter du Toit en Brendan van Eeden, het die afgelope naweek tydens die bekende Sani2C Bergfietswedren in hul onderskeie spanne top vier plekke behaal.
Van Eeden het saam met sy spanmaat, Keagan Bontekoning ‘n derde plek op die podium in die kleure van Insect Science behaal.
Du Toit het vir Pyga Euro Steel saam met Francois Theron in die vierde plek algeheel geëindig.
Die weer was een van die grootste struikelblokke in hierdie resies wat in verskillende fases opgedeel is.

Francois Theron en Pieter du Toit het algeheel vierdie geeindig.

Reën het modderige toestande veroorsaak wat sake meer uitdagend gemaak het. Van Eeden en Du Toit het wel bewys dat hulle saam met die bestes in SA kan kompeteer.
“Ek het saam met Keagan Bontekoning gery as gasryer vir Insect Science. Ons hoofdoel was om die Young Guns-kategorie te wen, maar het ook ons oë op die algehele podium gehad,” vertel Van Eeden.


Volgens Van Eeden het hy saam met sy spanmaat die distrikspaaie rustig bestuur en dinge uitgekyk, aangesien dit hulle eerste wedren in spanverband was.

“Ons albei het later die dag begin sukkel en kon nie meer saam met Pyga bly nie. Ons was albei heel gelukkig met ons derde plek en die groot gapings na 4de en 5de toe.”

Die tweede dag was weens modderige en onveilige toestande in die Umkomaasvallei geneutraliseer en ryers moes dinge rustiger vat.

“Dit was die eerste keer wat ons elite-ryers by waterpunte kon stop en die wedren kon geniet soos wat die meeste mense doen,” verduidelik Van Eeden. Die derde dag het vir die twee nuwelinge ook nie genade getoon nie, met Van Eeden wat albei sy waterbottels verloor het en ook na 10km grond gekoop het.
Op dag drie het ons beplan om Pyga van die begin af onder druk te plaas om te kyk of ons nie die gaping na hulle toe kon toemaak om tweede te eindig nie.

“Keagan het ook later sy bottel verloor en ons was vir die eerste 55km sonder water. Ons het steeds die beste van die situasie gemaak en saam met DSV steeds op die aanval gebly, maar ongelukkig begin dehidreer omdat ons so lank sonder water gery het,” noem hy.

“Ons het albei baie van die groot name in die sport geleer, soos Gert Heyns en Arno du Toit (DSV) wat eerste gekom het, sowel as Philip Buys en Matthys Beukes (Pyga Eurosteel). Dit was ook lekker om mede-Potchefstromer, Pieter du Toit saam voor in die wedren saammet ons te hê.”

Du Toit was self ook bly oor hoe die wedren afgeloop het, al het hy op ‘n podiumplek uitgemis.

“Dag een was baie lekker met Francois en ek wat 5de geëindig het. Dit was so 86km van Underberg af na Mackenzie Club.

“Dag drie was van Jolivet na Scottburgh en was van die begin af ‘n modderspul. Die eerste drie ryers het sommer vinnig weggebreek en toe was ek en Francois op ons eie. Ons ander spanmaats, Philip Buys en Mathuys Beukes, was tweede.”

Related Articles

 
Back to top button