SportSport

Berts Bricks Atletiekklub vereer atlete in moeilike jaar

Vir die atlete wat aan virtuele wedlope deelgeneem het en hul kilometers vir die klubkompetisie bymekaar gemaak het, het daar ‘n soete beloning gewag.

In ‘n wispelturige jaar het Berts Bricks Atletiekklub se atlete nie die gewone geleenthede gehad om te presteer nie, maar die atlete het steeds hulle beste gedoen met ‘n paar atlete wat naam gemaak het. Berts Bricks Atletiekklub het Dinsdag, 17 November hul jaareindfunksie en prysuitdelingsgeleentheid aangebied waar hierdie atlete vereer is.

Vir die atlete wat aan virtuele wedlope deelgeneem het en hul kilometers vir die klubkompetisie bymekaar gemaak het, het daar ‘n soete beloning gewag.

Baillie Park Spar het vir elke presteerder wat ‘n toekenning gekry het ‘n klein trofee geborg wat hulle mag hou as bewys van hul toewyding gedurende 2020.

As jy nog nie deel is van die klub nie, kom sluit aan, inskrywings is oop.
Skakel gerus vir Zelma Olivier by 072 124 8115 vir meer besonderhede.

* Berts Bricks Atletiekklub maak ook graag melding van die Great Brick Trail Run wat op 23 Januarie 2021 sal plaasvind.

Hier is die lys van wenners:
Klub 500 medalje:
Mariette Koen -730,5 km’s
Klub 500 – Dog tags
Klub 500 – goud – 609,4 km’s – permanente no 39: Oeschger Ackerman
Klub 500 – goud – 511,7 km’s – permanente no 40: Julie Conradie
Klub 500 – brons – 505,7 km’s: Geoff Hugo
Klub 750 medalje
Ronel du Toit: 819,3 km’s
Trofeë
Klub 500 dames – meeste km’s: Isabella Jansen – 1 194,0 km’s + bronsmedalje
Klub 500 mans – meeste km’s: Morne Jansen – 837,0 km’s + bronsmedalje
Klub 750 dames – meeste km’s: Lize-Ann Luiz – 1 073,6 km’s + silwermedalje
Klub 750 mans – meeste km’s: Marius van Eeden – 753,3 km’s + bronsmedalje
Klub 1 000 dames: Zelma Olivier – 1 019,0 km’s + dog tag
Stapper met meeste kilo’s: Isabella Jansen – 1 194,0 km’s
Dames stapper van die jaar: Isabella Jansen
Great Brick 1ste Atleet Man 21,1 km: Nicolaas Engelbrecht
Great Brick 1ste Atleet Vrou 21,1 km: Minette Bell

Related Articles

 
Back to top button