SportSport

Seleka volg in top Gimmie krieketspelers se voetspore

Seleka volg in die voetspore van Ruan Haasbroek (2015), Marco Jansen (2018) en Junior Mathe (2019) wat almal die Lions Cubs verteenwoordig het.

Die veelsydige Gimmie eerstespan krieketspeler, Caleb Seleka, voeg hom vanjaar by die skool se top krieketalumni.
Seleka is nou die vierde Gimmie in die afgelope ses jaar wat vir die Lions se o.19 Cubs-span gekies is. Hierdie span verteenwoordig die 13 beste skolekrieketspelers in Noordwes en Gauteng.

Caleb Seleka is die vierde Gimmie in ses jaar wat vir die Lions Cubs o.19 span gekies is. Foto: Wouter Pienaar

Seleka het weens die Covid-19 pandemie nie soos in die verlede, die geleentheid gekry om in die o.19 Khaya Majola nasionale week te speel nie.
In Januarie sal die Lions Cubs aan die Cubs-week teen die ander o.19 Franchise-spanne deelneem wat as proewe vir die SA o. 19-span sal dien.

Caleb Seleka is een van Gimmies se top spelers.


Seleka is bekend vir sy konsekwente kolfwerk, sowel as sy wegbreekdraaiballe en sy veelsydigheid is een van die redes waarom hy reeds vir groter dinge geoormerk is.
Seleka volg in die voetspore van Ruan Haasbroek (2015), Marco Jansen (2018) en Junior Mathe (2019) wat almal die Lions Cubs verteenwoordig het.

Related Articles

 
Back to top button