SportSport

Luiperds hoopvol ten spyte van uitdagende 2020

Die langtermyn doelwit vir die Luiperds in die komende jaar is dat die span vir die Curriebeker Premier divisie sal wil kwalifiseer.

Die Luiperds Rugbyunie het op Donderdag, 26 November hulle algemene jaarvergadering op Olënpark in die Koos Snyman-saal gehou waar ‘n interessante omtrent rugbylose jaar in oenskou geneem is.

Volgens die Luiperds Rugbyunie se amptelike Facebookblad het die Luiperds Rugbyunie (LRU) president Mervyn Taylor genoem dat die Luiperds een van min unies is wat in die Covid-19 jaar steeds alle verpligtinge nagekom het.

Dit is ook nietemin so volgens Taylor dat Covid-19 ‘n groot impak gemaak het en dat daar nuwe uitdagings sal voorlê. Die bestuur is wel vol hoop dat alle finansiële uitdagings bestuur sal word.

Die langtermyn doelwit vir die Luiperds in die komende jaar is dat die span vir die Curriebeker Premier divisie sal wil kwalifiseer.

Foto’s: Mario van de Wall / Luiperds Rugby

Related Articles

 
Back to top button