SportSport

Plaaslike tennisster beïndruk by SA’s

Van Zyl het ‘n fantastiese tweede plek in die dogters o.14-kategorie tydens die Growthpoint Junior Nasionale Tenniskampioenskappe in Bloemfontein behaal.

Gimmies se uitblinker tennisspeler, Mari-Louise van Zyl, het onlangs bewys dat die onderbreking in tennis weens Covid-19 geen impak op haar spel gehad het nie.

Van Zyl het ‘n fantastiese tweede plek in die dogters o.14-kategorie tydens die Growthpoint Junior Nasionale Tenniskampioenskappe in Bloemfontein behaal.

‘n Trotse Mari-Louise van Zyl met haar trofee vir ’n tweede plek.

“Ek moes vyf rondtes speel om by die finaal uit te kom. Ek het teen Carli Kruger in die finaal gespeel en met 6-3, 4-6, 7-5 verloor,” noem Van Zyl.

Die derde gekeurde Van Zyl het eerste vir Danielle Chapman met 6-1, 6-4 geklop. Abigayel Vosloo was volgende in haar visier en Van Zyl het haar vinnig met 6-0, 6-1 afgereken.
In die kwarteindrondte het Van Zyl ook gemaklik met 6-2, 6-2 vir Celina Joseph en in die halfeindrondte vir Luise Janse van Rensburg met 6-0, 6-1 verpletter.

Voor die finaal het Van Zyl maar net 11 potte verloor en 48 gewen voordat sy ‘n moeilker stryd in die finaal beleef het.

“Dit was lekker om weer my tennisvriende te kon sien, veral omdat ons mekaar lanklaas gesien het. Ek was die meeste tevrede op die baan met my beweging sowel as die konstantheid van my voorhand. Dit was ‘n baie goeie toernooi,” vertel sy.

Dit was ook Van Zyl se eerste groot toernooi na inperking met haar nuwe afrigter, Jeanna Schmidt, en na so ‘n goeie begin kan 2021 net nog goeie dinge vir die blonde tennisliefhebber inhou.

Related Articles

 
Back to top button