SportSport

Noordwes Rolbal kroon gemengde pare kampioene

Die finaal was tussen die De Jager-egpaar van Klerksdorp, Colin en Rene, en Anne-Marie Victor en Dawie Barnard van die Potchefstroom Buiteklub (PCC).

Die eindstryde van die Noordwes Rolbal gemengde pare kampioenskap is onlangs gehou.

61 pare het mekaar die stryd reeds die vorige week aangesê, met die seksiewenners wat mekaar Saterdag en Sondag (14-15 November) by die bane van die Potchefstroom Rolbalklub gepak het.

Die president van Noordwes Rolbal, Jan Koekemoer, saam met die Noordwes gemengde pare kampioene, Anne-Marie Victor en Dawie Barnard van die Potchefstroom Buiteklub. Foto: Verskaf

Die finaal was tussen die De Jager-egpaar van Klerksdorp, Colin en Rene, en Anne-Marie Victor en Dawie Barnard van die Potchefstroom Buiteklub (PCC).

Sake het aanvanklik redelik gelykop verloop met die telling na agt koppe gelyk op agt elk. Daarna het Barnard en Victor uitstekende rolbal gespeel en die gereelde skote opgetel om na 15 koppe 21-11 voor te loop.

Die De Jagers het egter nie bes gegee nie en ses skote in die laaste drie koppe opgetel, maar die PPC-span het die wedstryd 24-21 gewen. Kenners is dit eens dat albei pare uitstekende spel gelewer het.

Related Articles

 
Back to top button