Gimmies lewer nog ‘n potensiele krieketster op

Seleka is in die KSA (Krieket Suid-Afrika) o.19 krieketoefengroep ingesluit wat aan die TAP (Talent Accelaration Program) kamp gaan deelneem.

Potchefstroom Gimnasium se talentvolle veelsydige speler, Caleb Seleka, gaan eersdaags saam die land se top jong kriekettalent sy vaardighede wys.
Seleka is in die KSA (Krieket Suid-Afrika) o.19 krieketoefengroep ingesluit wat aan die TAP (Talent Accelaration Program) kamp gaan deelneem. Dit is hier waar die land se top spelers vir ‘n week afrigting van SA o.19 afrigters kry en geavalueer word met die oog op keuring tot o.19 vlak en verder.

Caleb Seleka sal die o.19 SA keurders by die TAP-kamp wil beindruk.

Seleka volg sodoende in die voetspore van Marco en Duan Jansen wat twee jaar gelede ook vir hierdie kamp gekies is en nou al provinsiale en franchise krieket speel.
Volgens sy afrigter by Gimmies, Wian Lubbe, is Seleka ‘n eerstespan-speler wat dit verdien om na die kamp opgeroep te word.

Caleb Seleka in aksie vir Gimmies se eerste span.

“Hy was laasjaar die NW o.17 kaptein, kolf op nommer drie vir die eerste span en boul ook wegbreek draaiballe. Hy werk ongelooflik hard en verdien alles wat hy bereik. Hopelik beïndruk hy die afrigters om ‘n plek in volgende jaar se o.19-toerspan vir hom oop te speel,” het Lubbe gesê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version