Uit die Argief: Luiperds vat groot kanonne in Curriebeker aan

Die Luiperds het die veldtog teen Boland met ‘n 18-26 nederlaag begin en kon net een oorwinning behaal. Dit ook teen Boland met ‘n reuse 50-16 oorwinning op Olenpark.

‘n Uitstekende 2008-seisoen vir die Luiperds het gesorg dat die manne van die Noordwes vir die Curriebeker Premierliga in 2009 kwalifiseer. Dit was ‘n skuif na ‘n hoër rang en nou kon die Luiperds teen die top spanne in die land meeding. Dit sou gewis nie ‘n maklike taak wees nie, maar sou as ‘n kans dien vir spelers om die groter rugbykykende publiek te kon wys wat in hulle steek. Opgesom, was daar meer nederlae as welslae vir die Luiperds, maar tog kon die Luiperds hulle plek behou, aangesien hulle tweede laaste op die punteleer geëindig het. Sodoende moes die Luiperds in ‘n promosie/relegasiewedstryd vir SWD met 47-42 klop. Die Luiperds het die veldtog teen Boland met ‘n 18-26 nederlaag begin en kon net een oorwinning behaal. Dit ook teen Boland met ‘n reuse 50-16 oorwinning op Olenpark. Die volgende naweek het die Luiperds amper vir die Griekwas op Olenpark verras en ‘n naelbytstryd met 33-34 verloor. ‘n Paar spelers het hulle hande vir die Luiperds daardie seisoen ook opgesteek. Dink maar aan manne soos die skrumskakel, Michael Bondesio, losskakel, Clayton Durand sowel as die vleuel, Deon van Rensburg. Foto’s: Mario van de Wall

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version