Uit die Argief: Stoffberg rig Luiperds in professionele era af

Stoffberg se kennis van plaaslike rugby en veral sy betrokkenheid as voormalige Mielieboer-speler sowel as Puk 1-afrigter en speler het van hom die perfekte aanstelling gemaak.

1998 was die begin van ‘n interessante tydperk in Suid-Afrikaanse rugby met die dat rugby sy professionele klere begin aantrek het.
By die Wes-Transvaal Rugbyunie het die Mielieboere ‘n nuwe Luiperdsbaadjie aangetrek en vir die voormalige Luiperdsspeler en oud-Gimmie, James Stoffberg, as afrigter aangestel.
Stoffberg is nou alombekend as die voormalige direkteur en bestuurder van NWU Sport, die visepresident van SARU, sowel as vele ander in die vaandel van rugby in Suid-Afrika. Hy was ook die koshuisvader van Patria Manskoshuis op die NWU.
In 1998 was sy fokus wel op Luiperdsrugby en in hierdie Vrydag, 9 Oktober 1998 uitgawe van die Potch Herald was Stoffberg pas aangestel om die Luiperds in ‘n nuwe rigting te lei.
Stoffberg se kennis van plaaslike rugby en veral sy betrokkenheid as voormalige Mielieboer-speler sowel as Puk 1-afrigter en speler het van hom die perfekte aanstelling gemaak.
Stoffberg sou wel nie te lank in die afrigterstoel sit nie en is in 2000 Rusland toe om die nasionale span daar te rig.
Sowat drie jaar later sou Stoffberg as die Luiperds president aangestel word – ‘n pos wat hy tot in 2010 beklee het.
Lees die oorspronklike berig hier:

Die berig oor James Stoffberg wat in die Herald se uitgawe van 9 Oktober 1998 verskyn het.

Exit mobile version