SportSport

Moenie vergeet om vir die eerste virtuele pretdraf in Potch in te skryf nie

Ons verwagting is dat mense in hierdie rowwe tyd weer ‘n klein bietjie pret kan hê.

Na byna twee maande van inperking is dit geen geheim dat Potchefstromers en veral atlete daarna smag om weer ‘n bietjie hulle litte los te maak en hulle bene ‘n goeie hardloopsessie te gee.

Danksy die inisiatief van die NWU kan Potchefstromers hierdie komende Saterdag (16 Mei) tussen 06:00 en 09:00 binne ‘n 5km radius van hul eie wonings aan ‘n 5km virtuele pretdraf deelneem.”Deelnemers sal hulle slimfone gebruik om die amptelike tyd op ‘n server (Wufoo) te laai. Sodoende sal posisies aangewys word en gelukkige trekkings ook gemaak word met verskillende pryse op die spel.

Louis Janse van Rensburg, skakelbeampte en bemarker by die NWU, noem dat hy die idee gekry het om iets vir mense te skep om te doen, veral in hierdie rowwe inperkingstyd. “Ons verwagting is dat mense in hierdie rowwe tyd weer ‘n klein bietjie pret kan hê. Soveel drawwers smag na marathons en wedlope en dan is daar die drawwers wat dit net vir die pret doen.

“Ons almal mis hierdie geleenthede en ons verwagting is dat mense hierdie geleentheid sal aangryp om net weer aan iets te kan deelneem,” het hy genoem.

Volgens Janse van Rensburg is daar ook baie lekker kontantpryse vanaf NWU Sport en die HPI en baie NWU memorabilia op die spel.

Hy sê ook dat volgens wet daar nog nie tradisionele groot sportbyeenkomste aangebied kan word nie, so dit is ‘n manier om steeds daardie gevoel oor te dra.

“Ek dink dit skep ‘n platform vir baie ander idees om hier uit te spruit. Ons kan begin dink aan aanlyn feeste en selfs ander sportgeleenthede wat binne die wetlike regulasies bly. Ons is tans besig om te werk aan ‘n paar idees en sal dit bekendmaak sodra al die besonderhede gefinaliseer is,” het hy bygevoeg. Die virtuele pretdraf is verniet, maar deelnemers kan ook tot die Covid-19 fonds by die NWU bydra.

Daar is al meer as 750 mense wat vir hierdie virtuele pretdraf al ingeskryf het.

* Belangstellendes moet voor Vrydag, 15 Mei teen 09:00 by die volgende skakel registreer: https://nwupuk.wufoo.com/forms/m11wbfku1g6lv2w/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button