SportSport

Varsitybekerwedstryd tussen NWU en Maties weens Covid-19 afgestel

Een van die redes is dat dat sportgeleenthede en byeenkomste van meer as 100 mense verbode is.

Maandagaand, 16 Maart se Varsitybekerwedstryd tussen die Noordwes Universiteit en Maties wat op die Fanie du Toit Sportgronde in Potchefstroom sou plaasvind is weens nasionale Covid-19 (Koronavirus) maatreëls afgestel.

Dit nadat Varsity Cup ‘n verklaring vroeër vanaand uitgereik het dat alle wedstryde môreaand afgestel is.

Een van die redes is dat sportgeleenthede en byeenkomste van meer as 100 mense verbode is en dat die gesondheid en veiligheid van spelers prioriteit is.

SA president, Cyril Ramaphosa het vanaand Covid-19 as ‘n nasionale ramp verklaar en klomp maatreëls, soos die minimum aantal mense wat byeenkomste mag bywoon,  in ‘n nasionale toespraak uiteengelê.

Die toekoms van vanjaar se Varsitybeker sal komende Dinsdag in ‘n vergadering bespreek word.

Volgens die NWU, kan kaartjiehouers hulle geld (R5) terugkry as gevolg van die kansellasie van Maandag se wedstryd.

Related Articles

Back to top button