SportSport

Plaaslike atlete spog by Sub-Jeug kampioenskappe

Stephané Hook (o.11) en Jamoré Olivier (o.13) het albei in hulle onderskeie gewigstoot-afdelings ongelooflike prestasies behaal.

Die suksesverhaal van twee top gewigstoot-atlete van Laerskool Mooirivier het die afgelope naweek by die Sub-Jeug Interprovinsiale Atletiekkampioenskappe (7-15 jaar) in Sasolburg voortgeduur.

Stephané Hook (o.11) en Jamoré Olivier (o.13) het albei in hulle onderskeie gewigstoot-afdelings ongelooflike prestasies behaal.

Hook het ‘n goue medalje behaal met ‘n reuse stoot van 13.86 meter. Om dit in perspektief te stel, was ‘n 12.07m gooi genoeg vir ‘n tweede plek. Hook het in die afgelope 18 maande ook met ongeveer ses meter verbeter en medaljesukses behoort haar voorland te wees.
Olivier het met ‘n 13.31m gooi ook haar talent bewys en met brons weggestap. Haar gooi het haar 974 punte besorg en 12de algeheel op die top 50 dogters by die kampioenskappe geplaas.

Sandri van Rooyen (o.13) van Laerskool Baillie Park was nog ‘n ASNW ster wat uitgeblink het. Hierdie naelloper het in die 100m ‘n bronsmedalje met ‘n tyd van 12.50 behaal. By die seuns was KHS se Zane van Staden (o.15) in die 100m hekkies kookwater met ‘n gouemedalje en ‘n blitsvinnige tyd van 13.06.
Dalan Oliphant (o.15) van Wesvalia het ook uitgeblink en ‘n silwermedalje in die 100m behaal en ‘n tyd van 10.69.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button