Mooirivier se o.11A rugbybulletjies kook

Die o.11A-span onder die afrigting van die man met die goue stempel, Jackie Golden, het weer hulle klas bewys.

Laerskool Mooirivier se rugbyspanne het weer die leisels as die stad se top laerskool in dié sport met ‘n klompie puik prestasies opgeneem. Ses rugbyspanne het in die finale ronde van die Noordwesliga gespeel. Twee van die spanne het die liga gewen en vier spanne was naaswenners. Die o.11A-span onder die afrigting van die man met die goue stempel, Jackie Golden, het weer hulle klas bewys. Algeheel is die o.11A- en o.13B-span die Noordweskampioene.

Laerskool Mooirivier se o.11A-rugbyspan is Noordwesligawenners vir die afgelope drie jaar onder leiding van Jackie Golden. Hul speel kookwaterrugby en het net vanjaar teen Laerskool Risiville die knie gebuig. Voor: Righardt Joubert, Pienaar Heenop, Jaden Geldenhuys, Anro Nel, Paul Greyling. Middel: Ewan Willemse, Reuben du Plessis, Estiaan Terblanche, MJ Potgieter, Johannes Lombard, Kalla van Eck. Agter: Maarthin Kock, Nicolas Potgieter, Ben Burger, Carlo van der Merwe, Jackie Golden (afrigter), CT Reinecke, Jahndré Coetzee, Bennet Keet, Henro Erasmus, Vihan Pretorius.

Die o.10B-, o.11B-, o.13A- en o.13C-span is Noordwesnaaswenners. Sewentien spelers van die o.11-rugbyspan van Laerskool Mooirivier is ook vir die Potchefstroom Barbarians o.11-span gekies. Hulle is MJ Potgieter, CT Reynecke, Anro Nel, Jaden Geldenhuys, Bennet Keet, Erasmus, Pienaar Heenop, Vihan Pretorius, Maarthin Koch, Ewan Willemse, Nicholas Dreyer, Ben Burger, Johannes Lombard, mnr. Jackie Golden, Paul Greyling, Righardt Joubert, Jahndré Coetzee, Kalla van Eck, onder die leiding van mnr. Jackie Golden, Puma en Theo Scheepers (Laerskool Baillie Park).

ML Fick-aandreeks:

MR vs RAM 41-0

MR vs Kollegepark 10-0

MR vs Rapportryer 47-0

Klerksdorp rugbytoer: 

MR vs ML Fick 38-0

MR vs Seodin 48-0

MR vs Kathu 35-26

MR vs Rapportryer 33-5

Konka 0.11A-week:

MR vs Tygerpoort 7-0

MR vs Pietersburg Oos 10-5

MR vs Constantiapark 28-12

MR vs Garsfontein 5-0

Super 12-kompetisie

MR vs Tzaneen 24-0

MR vs JJ van der Merwe 38-0

Noordweswenners:

MR vs Saamtrek 21-0

MR vs MLFick 45-6

MR vs La Hof 33-0

MR vs Baillie Park 48-0

MR vs Brits 22-5

MR vs GHS 35-5

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version